Jongste aktiwiteit:

Kreukels

Kreukels

ons harte praat nie meer
spasies tussen jou woorde
en my sinne het verweer
vergestald in leë akkoorde

gepaarde rym en omarmende rym verdwyn
gekruisde rym en gebroke rym verskyn
ek voel nog wanneer jou hart klop
maar jou siel is dood

naïef sê ek nog vir myself:
“The soul has been given its own ears
to hear things mind does not understand” *
hoe diep moet ek nog delf?

moet ek onvoorwaardelik glo
blind soos ’n kind?
’n vreemde wêreld betree
soos Alice in Wonderland?

moet ek myself sien spartel
in die lewelose poele van jou oë
wanneer hul jou hart se water dra
en magteloosheid my denke martel?

realiteit dig nou ons verhaal
in vervreemde taal

wat daar was is nou net kreukels
in die spore van die wind te vind
——–ooo0ooo——–
(Kopiereg Pieter Mostert)
(*Slagspreuk van bekende Persiese digter, Rumi*)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak