Jongste aktiwiteit:

Elkeen dra sy eie wolk

Elkeen dra sy eie wolk…

 

Deur die lewe stap almal saam. Party maklik, ander weer moeilik.

 

Daar is dié soos atlete wat die marathon aanpak, dan weer dié wat kruipend probeer vorentoe beweeg.

 

Soms bring jou wolk ’n bietjie reën, soms die bibberkoue onverwags. Daar is wolke van hoop en wolke van vloed.

 

Maak nie saak hoe ons daarna kyk nie, elkeen bid op sy eie dat die wolke iewers in hul lewe ’n bietjie moet seën.

 

©️ Ryno du Plessis 2026

 

Woordtelling: 91 woorde




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed