Jongste aktiwiteit:

fleur

 

 

botterblommetjie skyn jou bottergeel

kelkblare en stempel vol van heuning

in ligte seebriesie word jy geil vertoon

reuk versprei wyd oor my dorre duin

 

uit groen blomstengels groei jou fleur

ontluikende sonstrale van lig en kleur

selfs ou skilpadjie vind jou aangenaam

hy peusel aan jou geel blare en steun

 

ver teen die volgende groot duin se rant

spel die wind met pienk en persvygieblare

hul welriekende soet reuk wat die bye lok

hul goeie werk van heuning maak te doen

 

op my mistroostige, dorre duin sit ek nou

elke plooi en pyn uitgestrek oor die mooi

van die see, duine en blommeryk se tooi

 

© Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed