Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. (SILVER)
Oktober – nié ons “mooiste, mooiste maand”. So amper verbeel ek my ek hoor jou, Mnr C. Louis Leipoldt wat die welbekende woorde voordra: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, So blomtuin-vol […]
OKTOBER (SILVER)
Oktober Oktober is die mooiste Kalendermaand Telkens so aan ons Oorgedra deur die Bekende Leipoldt: Enig in sy liefde vir Roerende woordkuns ©Marlene Erasmus 31/10/2021
OKTOBERMAAND (SILVER)
Oktobermaand Ons stap hand-aan-hand: Krakend die Jakaranda blom Tussen kaalvoet en teer Ontmoet ons drome mekaar Binne die realiteit van Ek-en-jy Raak ons weg in die Mooi van ons eie sprokie-verhaal As ons hand-aan-hand Aanstap na die Nimmereindigende Droom van ons verhaal ©Marlene Erasmus 31/10/2021
God is Lente
Dis amper kersfees, kan jy dit glo. Winkel vensters en rakke is vol versierings, en ieder en elk begin al oorloop van ‘koop’. Die reeds kleurvolle natuur, is ‘n teken dat die fees viering om die draai is. Net soos al die bome versier is met nuwe groen blare, blomme pronk met die mooiste […]
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? (SILVER)
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? Ek is versot op Kersfees en al die lekker dinge wat daarmee gepaardgaan. Ek kan gewoonlik nie wag dat die spesiale seisoen van die jaar aanbreek nie. Aan die anderkant vang die idee van Kersfees my hierdie jaar my amper bietjie onverwags. Hier in die tweede week […]
Holi-fees: Fees van kleure in Indië. (SILVER)
Holi-fees: Fees van kleure in Indië. ʼn Land waar daar ʼn verskeidenheid van feeste plaasvind, is Indië. Een van die wêreld se kleurrykste feesvieringe vind in Indië plaas. Die fees staan bekend as die Holi-fees. Die fees word gevier ter herdenking van ʼn oorwinning van “goed oor sleg”. Tydens die fees word die Hindoe-god geprys […]
my kwas gly
– beskryf nou wat ek sien een droom ja jakobien – op sewentien sal jy ontluik jou kelkblare sal begin tuit – na twintig sal jy wees hubaar ook wat ‘n fees – nou is jy net een skepping een droom ja een enkeling – net stilstaan en wonder hoe is jy so ‘n besonder […]
Uit my hande
In my hande het ek jul nog kon toevou reenboogmooi my twee klein duifies vinkel en koljander nie een soos die ander het jul verskil van mekaar my groen oog nooi en my blou oognooi vlooi en plooi het ek jul soms genoem vandag nog so af en toe… maar julle het groot geword en […]
Amaizing Grace
jou lyf skraal afgeëts ‘n skadu van ‘n mens seer skreeu ten hemele saggies soos sneeuvlokkies val trane swaarmoedig hoor haar roep mené, mené, tekél ufarsín sien die skrif aan die muur Eli, Eli, lama sabagtáni? hoor uitgebasuin kyk op kyk op ‘n nuwe verbond ‘n nuwe lied ‘n lied wat engele nie kan sing […]