Jongste aktiwiteit:

God is Lente

 

Dis amper kersfees, kan jy dit glo. Winkel vensters en rakke is vol versierings, en ieder en elk begin al oorloop van ‘koop’. Die reeds kleurvolle natuur, is ‘n teken dat die fees viering om die draai is. Net soos al die bome versier is met nuwe groen blare, blomme pronk met die mooiste kleure, dan is dit amper tyd om die kersboom uit te haal en te begin versier.

Die dae is besig om te rek, die son skyn langer. Die liggroen blare, wit en rooi rose is kleure wat dui op God se ewige liefde. Die nuwe lewe en groei simboliseer die afwagting voor kersfees, ook vreugde, liefde en vrede.

Dis ‘n seisoen van tel die dae af, om beplanning te begin maak vir kersfees.

Lente berei ons voor om die geboorte van Christus te vier. Die nuwe lewe wat lente bring herinner ons aan die geskenk wat God vir die mens gegee het Die Ewige Lewe. Die lente gees bring ‘n positiewe energie, ‘n geestelike skoonmaak om ons harte en liggaam te reinig. God het ons gered van die dood, en net soos lente vir ons ‘n plesier is so was dit ook vir Hom ‘n plesier toe hy jou gemaak het.

Net soos lente ‘n rotsvaste belofte is vir Nuwe Hoop, so is kersfees ook ‘n belofte om die mooi in ons lewe te geniet, en te weet dit is alles deur Genade aan ons gegee. Die hernuwing van ‘n nuwe seisoen, dieselfde kan met Jesus se geboorte gesê word. Lente is ‘n Tyd om geestelik gesnoei te word, en die vrugte van die Heilige Gees aan die kersboom te hang.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed