Jongste aktiwiteit:

September

jy sê – ek sê wat wil ons sê op my duin is daar diep gesprekke diep introversiewe neigings wat klop deur van verlede word oopgesluit toegeklap en weer oor vernis in tyd elke aksie en reaksie ondersoek elke uitvloeisel bepeins en vertolk terwyl my gees so sweef oor waters swiep deining voort asof niks […]

skuins voor my duin staan fisant haantjie hy stoot sy bors uit kraai van pure trots ver agter my duin skreeu bande skerp waar jongetjies gly guitige trots vertoon op my duin luister ek na golwe wat nederig maar definitief breek soms stormtrots hoog my gees sweef oor die duine en see my hart verlang […]

jeug het ‘n manier ‘n manier om uitbundig die lewe aan te pak sonder inhibisies ouderdom het sy manier sy manier om uitbundig aan te pas by lewe met sy inhibisies mens is soos golwe wat tempo aanvaar van aardse beweging met groot presisie ©Teárlach

Roetrook hang n gordyn van ellende oor eens beloofde land, terwyl rotte rondskarrel in afval, deur mense onverhindered rondgestrooi. Troebel riviere van riool verswelg reuksintuie tot n stank wat brand in longe, versper voete wat op verskroeide aarde loop. Warm sinkblaaie, vasgespyker teenmekaar, bak in Afrika son tot n gapende oond wat woning moet bied […]

Woorde, wat drup van skaad het in my menswees vasgewortel en sy acacia hakkies sieldiep in laat groei. Bloeiend het my binnekant sy weëmoed en nikswerd wete saamgesleep, tot in my modderpoel waar ek wou spartel. Oor en oor met selfmartelende bejammering om die berg wat in die pad bly staan na my beloofde land. […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed