DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 6
HOOFSTUK 6
Kas is die oggend net op kantoor toe hy Alwyn ontbied en hulle afsit na kolonel le Grange se kantoor toe.
Nadat hulle die hele storie vertel het neem le Grange die dossier op en kyk vinnig daardeur voordat hy antwoord: “Kaptein hierdie is n hoë profiel moord. Ons kan verwag dat die pers nog vandag in ons ore gaan blaas maar eers moet ons die hoof aanklaer in kennis stel hiervan, doen dit sommer nou”.
Le Grange skuif sy telefoon na Kas toe en skakel Kas vir Hennie Aucamp sommer op sy selfoon. Toe Hennie antwoord vertel Kas hom: “Hennie, ek het baie slegte nuus. Irene Swart is gister in haar huis vermoor”.
Kas kan hoor hoe Hennie sy asem intrek voor hy antwoord: “Bliksem Kas dit kan nie wees nie. Ek dink jy moet so gou moontlik n draai hier by my gooi. Hier was Vrydag n voorval in een van haar sake waarin sy gedreig is en ek moet vir jou n verklaring oor hierdie voorval gee. Kan dalk help, nie dat ek dink hulle kon so vinnig toeslaan nie, maar jy sal dit moet ondersoek. Sorg dat jy voor tienuur hier is want dan moet ek in die hof wees”.
“Ek kom dadelik”, antwoord Kas en sit die telefoon neer.
Kolonel le Grange gee n lang fluit en gee dan opdrag; “Kaptein jy en sersant Roos moet saam aan hierdie saak werk. Die pers gaan my hel gee as hulle hiervan te hore kom en ek soek resultate baie vinnig. Ek wil van elke verwikkeling in julle ondersoek weet”.
Kas knik sy kop: “Sal so maak kolonel. Ek wag net vir forensies om haar selfoon vir my terug te bring dat ek kan kyk wat daarop is. Moontlike dreigemente wat lig op die saak kan werp”, en met die staan hy en Roos op om vir Hennie Aucamp te gaan opsoek. Hulle kry hom in sy kantoor en is Hennie duidelik haastig.
Hy het klaar n verklaring opgestel en oorhandig hy dit aan Kas: “Kas Vrydagoggend is sy net na n uitspraak deur een van die beskuldiges se vriende wat die saak bygewoon het gedreig dat hulle haar sal kry. Ek het in die saak aangekla en was nog in die hof toe die man opgespring het, en met n gebalde vuis in die lug haar gedreig het dat sy sal betaal vir hierdie uitspraak. Ek kan nie dink dat hulle so vinnig iets kon gereël het nie maar mens weet nooit. Die vent is in aanhouding en sal julle hom dus in die tronk kry vir ondervraging”.
Die hooflanddros, Maryna Vosloo, kom ook die kantoor binne en groet vir Kas: “More Kas, ek is lam geskok vanmore, en ek dink almal is geskok oor die moord op Irene, veral na Vrydag se voorval in die hof”.
Kas groet terug: “Ek kan julle verseker alles gaan van vandag af in werking gestel word om die moordenaar aan te keer. Kolonel le Grange beskou hierdie saak in n baie ernstige lig”.
Maryna skud haar kop en antwoord: “Kas, n moord op n landdros kan ernstige gevolge hê. Ons kan nie toelaat dat die regspleging in die land in die wiele gery word deur weerwraak moorde nie”.
Kas en Alwyn begin aanstaltes maak om te loop maar Kas se laaste woorde is: “Ek glo nie hierdie is n weerwraak moord na aanleiding van wat Vrydag gebeur het nie. Sulke moorde neem tyd en beplannig maar ek gaan nietemin die meneer bsoek en hom bietjie braai en daarna sal ons die meneer wat Irene gedreig het onder hande neem”.
Kas se eerste besoek is aan Herman Swart terwyl Alwyn afsit gevangenis toe om Jacob Molatse te gaan ondervra.
Kas kry Herman by die huis saam met sy kinders. Hy neem n volledige verklaring van Herman af. Sy verklaring stem ooreen met wat hy die vorige dag vertel het maar weereens swyg hy oor die feit dat Irene n minnaar gehad het. Hy swyg ook van Irene se skoot rekenaar, maar het hy intussen al die boodskappe tussen Irene en Armand uitgevee en die rekenaar weggesteek.
Nadat hy die verklaring afgeneem het vra Kas: “Wat my pla is Herman hoe het die moordenaar in die huis gekom sonder om die alarm stelsel te aktiveer. Jy meld in jou verklaring dat jy Sondag oggend gery het terwyl Irene nog by die huis was. Sy moes ook gery het want haar motor se enjin was nog effens warm toe ons hier aangekom het. Al verklaring op hierdie stadium is dat sy vergeet het om die stelsel te aktiveer toe sy gery het en hy haar igwag het”.
Herman knik sy kop: “Moet seker wees Kas”.
“Jy meld in jou verklaring dat jule in aparte kamers geslaap het Herman. Ek aanvaar dus dat daar iets in julle huwelik geskort het, wat het geskort”, vra Kas.
“Daar het niks geskort nie Kas. Ons het maar net op daardie stadium gekom dat ons dit gerieflik begin vind het dat elkeen in sy eie kamer slaap”, antwoord Herman.
Op Kas se vraag aan die kinders of hulle van enigiets weet wat moontlik kan help in die ondersoek antwoord almal ontkennend maar Kas het opgemerk dat daar vir n paar oomblikke n ongemaklike stilte was waarin hulle vir mekaar gekyk het. Hy laat dit egter daar.
Kas staan op en groet Herman: “Sterkte ou vriend. Ons sal laat weet wanneer Irene se liggaam vrygestel sal word dat jy kan voortgaan met die begrafnis reëlings”.
Intussen loop Alwyn hom in n uiters vyandige Jacob Molatse vas in die gevangenis en kry hy niks uit hom uit nie. Al wat Molatse sê is: “Gaan doen julle eie werk platpoot”.
Terug op kantoor gaan sit Kas met die dossier voor hom. Hy is net besig om die dossier te bestudeer toe Alwn sy kantoor instap en hom vertel dat hy niks uit Jacob uitkry nie, Jacob is baie vyandig gesind.
Kas tel sy telefoon op en maak n oproep om speur sersant Mofokeng na sy kantoor te ontbied. Met Mofokeng se aankoms is Kas se opdrag kort en bondig: “Vat sersant Mofokeng saam. Hy het n manier om manne te laat praat. Wees sommer reg om Moutong se verklaring ook af te neem. Dit gaan n rukkie neem maar Mofokeng sal hom laat praat, dit is verseker”.
Met die twee uit die kantoor uit wil hy net die dossier weer begin bestudeer toe dr. Veronica du Preez sy kantoor instap. Sy groet en sit die lykskouersverslag voor Kas neer wat dit opneem en begin bestudeer.
“Nou goed dokter vertel my in goeie Afrikaans wat hier staan”, vra hy terwyl hy opkyk.
Veronica trek n stoel uit en gaan sit: “Kaptein sy is met n kaphou teen die nek bewusteloos geslaan en toe versmoor soos ek jou gesê het. Sy is ongeveer om 11h30 vermoor maar ek het nuus vir jou. Daar is semen in haar gevind. Sy het dus seksueel met n man verkeer en my afleiding is dat dit Vrydag aand moes gewees het. Semen selle kan tot twee en sewentig uur in n vrou nog aktief wees en al die tekens is daar dat dit vrywillige gemeenskap was, sy is dus nie verkrag nie”.
Kas los n lang fluit: “Sy en haar man slaap in aparte kamers, waar sal dit dan vandaan kom. Is jy seker dit moes Vrydag aand gebeur het”.
“Dit is nie vars semen nie. As dit haar moordenaar was sou dit redelik vars gewees het. Die semen in haar is ouer as dit en in aparte kamers slaap beteken mos nou nie dat hulle nie soms bietjie n bed deel nie bloedhond”, antwoord Veronica met n stoute glimlag.
Kas skud sy kop: “Mag so wees maar Herman was nie Vrydagaand by die huis nie. Volgens sy verklaring was hy op n visvang kompetisie langs die Vaaldam waar hulle Satersdag oggend uitgereën het en hy huis toe gekom het”.
“Bloedhond dan moet jy bietjie op haar liefdeslewe ingaan. Nou ruik ek n minnaar. Ek het van die semen monsters weggestuur vir DNA toetse, so as jy die minnaar kry sal ons kan kyk of dit wel hy was wat Vrydagaand saam met Irene was. Ek gaan in elk geval die lyk vrystel, ek is klaar”, en met die staan Veronica op en verlaat die kantoor.
Kas sit Veronica se stelling en oordink. Nou begin die kring van verdagtes uitkring en is hier nou twee verdagtes, n moontlike weerwraak moord maar is hier nou n jaloerse minnaar ook betrokke. Die moontlikheid dat Herman Swart ontdek het dat sy vrou n minnaar het en hy haar in n woedebui vermoor het kan ook nie uitgesluit word nie. Al was hy n landdros, kon sy woede dalk heeltemal oorgeneem het en dat hy nou agterna besef dat hy sal moet fyn trap. As dit hy is gaan sy kennis dit baie moeilik maak om hom vas te trap.
Kas sit n paar oomblikke en dink voordat hy na kolonel le Grange se kantoor toe gaan om hom in te lig oor die vordering van die ondersoek.
Nadat hy vir le Grange op hoogte gebring het is le Grange se kommentaar: “Kaptein ons sal hierdie minnaar moet in die hande kry Ons sal moet DNA toetse laat doen om te sien of dit sy semen is wat in Irene was as hy nie wil erken dat hulle Vrydag aand saam was nie. Dit maak hom egter nog nie die moordenaar nie. Sterkte want die pers begin al klaar vrae vra”.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.