DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 5
Toe kaptein Kas Dreyer van die moord en roof afdeling se selfoon lui en hy sien dat dit een van die junior speurders, sersant Alwyn Roos, is wat hom soek weet hy dat sy Sondag daarmee heen is. Roos, wat op bystand is, sal hom nie bel is dit nie n ernstige saak is nie.
Toe Kas antwoord is Alwyn dadelik aan die woord: “Jammer om te pla kaptein maar ons is uitgeroep na n saak waarin die vrou dood en verwurg in haar woning op die vloer deur haar man aangetref is. Ek is op die toneel en het forensies reeds ontbied, hulle is ook oppad”.
Vir n oomblik is Kas ergerlik maar vra: “Is die slagoffer ge identifiseer sersant”.
“Ja kaptein dit is landdroe Irene Swart”, antwoord Roos.
“Sper af en raak aan niks nie. Gee my die adres ek is oppad”, is Kas se opdrag.
Kas groet sy vrou, Annatjie: “Ek is oppad, moordsaak wat my seker weer die hele tyd gaan besig hou sit maar my kos in die lou oond weet nie wanneer ek gaan terug wees nie. Irene Swart een van die senior landdroste is by haar huis vermoor”.
Annatjie groet met n sug maar is ook al gewoond hieraan. Sy was self in moord en roof voordat hulle getroud is en is sy nog steeds in die reseviste mag, sy ken hierdie tipe lewe.
Toe Kas voor die huis stop wil hy net eers kyk wat aangaan voordat hy die speurhoof, kolonel Louis le Grange, bel en hom in kennis stel. Dat hierdie n hoë profiel saak gaan wees is beslis en sal hy le Grange moet in kennis stel. Die huis is afgesper en is daar alreeds n klomp nuuskieriges wat op die sypaadjie saamdrom wat deur die uniform manne weggehou moet word.
Alwyn kom dadelik nadergestap met n dossier in sy hand; “Jammer ek het jou gebel kaptein, maar toe ek besef wie dit is wat hier vermoor is het ek ook besef ek moet n senior man hier inroep”.
Kas neem die dossier by Alwyn en maak dit oop terwyl hy sê: “Geen probleem nie, het julle n idée hoe sy vermoor is”.
“Daar is n swelling en n merk teen haar nek en merke om haar keel kaptein. Ek vermoed sy is verwurg. Terloops haar motor moes onlangs geloop het die masjienkap voel nog effens warm”, antwoord Alwyn.
In die dossier is nie veel nie net die verslag van die uniform man wat hy uitgemaak het toe hy op die toneel gekom het.
Kas erken Herman Swart ook dadelik toe die man naderstaan. Kas onthou hom nog van die dae wat hy landdro was. Kas groet hom met die hand: “Jammer dat ons weer onder sulke omstandighede ontmoet Herman. Ek sal later jou verklaring afneem want ek glo jy is erg geskok en wil net dat forensies kom en hulle werk doen”.
Herman skud sy kop: “Ek verstaan Kas en ek is bly jy is hier. Ek weet, wie ook al hiervoor verantwoordelik is, sal aan die pen ry as jy die ondersoek doen.
Twee voertuie stop ook voor die huis en Dr. Veronica du Preez, die pataloog klim uit die een voertuig uit. Kas stap nader en groet haar: “Ek is bly jy is hier dokter, kom ons gaan kyk wat hier het”.
Kas was self nog nie by die lyk nie en lei alwyn hulle deur die motorhuis en die binnedeur tot hulle by die liggaan kom. Herman bly buite staan en kom nie saam met hulle in nie.
Veronica stap nader, buk by die lyk en bekyk die merke aan die keel en nek noukeurig nadat sy seker gemaak het dat Irene wel dood is. Klaar met n vlugtige ondersoek staan sy op en gaan staan by Kas.
“Kaptein vir my lyk dit of sy n kaphou teen die nek gehad het wat haar haar bewussyn laat verloor het en sy toe verwurg is. Ek skat sy is so drie ure terug vermoor. Jy gaan my natuurlik nou weer druk om dadelik n meer deeglike ondersoek te doen en so my hele Sondag middag opeis”, sê Veronica met n glimlag.
“Ai dokter ek is so bly jy verstaan”, antwoord Kas met n glimlag terwyl hulle een kant toe staan sodat Forensies met hulle werk kan begin en die lyk kan weggeneem word na die staatslykhuis toe vir n patalogiese ondersoek.
Terwyl forensies met hulle werk begin neem Kas n duidelik geskokte Herman een kant toe om met hom te gesels en vra: “Herman het jy enige idée van wat hier kon gebeur het want dit wil my voorkom asof jy nie tuis was nie en met jou terugkeer op jou vrou se liggaam afgekom het toe jy die huis wou ingaan”.
Herman antwoord dadelik: “Jy is reg Kas. Ek was nie tuis nie en ek dink dit sal dalk beter wees as ek n volledige verklaring aflê want dinge tussen ons was nie soos dit moes wees nie. As oud landdros sal ek weet wat om in die verklaring te skryf wat vir jou van belang kan wees. Ek sal jou vinnig in kort vertel van die naweek se gebeure dan kan ek later n volledige verklaring aflê. ”
“Kom ons gaan sit daar in my motor dan kan jy my vinnig vertel Herman”, nooi Kas hom.
In die motor maak Kas sy tas oop, haal n skryfblok uit en begin aantekeninge maak toe Herman hom begin vertel van die naweek se gebeure. Hy swyg egter van die feit dat hy ontdek het dat Irene n minnaar gehad het, te skaam om dit op hierdie stadium te noem. Al wat hy meld in sy storie is dat hy nie geweet het waar Irene is toe hy Saterdag by die huis gekom het van die viswaters af nie. Hy het vermoed sy was dalk by die haarsalon of sy het deur die winkels gaan drentel wat sy baie lief voor is. Vanoggend het hy maar net gery om bietjie uit te kom en toe hy by die huis kom het hy haar dood aangetref, die laaste ding wat hy verwag het. hy het nie gedink sy is tuis nie want die alarm was geaktiveer en het hy eers begin onraad vermoed toe hy sien haar motor is in die motorhuis. Hoekom sal sy die alarmstelsel aktiveer as sy in die huis is, noem hy vir Kas.
Toe hy klaar is sit Kas deur die voorruit en tuur. Hy voel aan dat Herman nie die waarheid gepraat het nie maar besluit om dit eers daar te laat tot hy Herman se amptelike verklaring afneem.
“Herman ek glo jy is baie geskok op hierdie stadium en sal Maandag n besoek aan jou bring vir n volledige verklaring”, sê Kas toe hy sy skryfblok toemaak en begin uitklim want dit lyk of die forensiese mense klaar is.
Toe hy naderstaan kom Veronica na hom toe: “Kas ek was reg, kaphou teen die nek, die swelsel is duidelik daar. Sy is toe verwurg. Ek skat so drie ure terug want rigor mortis het nog nie begin intree nie. Dit wil egter vir my voorkom asof die moordenaar handskoene aangehad het maar dit sal ek kan vasstel met die lykskouing more oggend vroeg eerste ding. Jy sal my volledige verslag more middag op jou tafel hê. Hulle kan die liggaam maar verwyder”.
Sy groet Kas, klim in haar motor en vertrek. Die forensiese mense en fotograaf is ook klaar en is die enigste wat hulle op beslag lê is Irene se selfoon en haar sleutels wat op die vloer gelê het. Die vingerafdruk mense kry ook niks nie en dit versterk Veronica se vermoede dat die moordenaar handskoene aan gehad het.
Kas begin weer met Alwyn gesels: “Alwyn hier is is n sekuriteitstelsel in hierdie huis. Die moordenaar moes dus toegang gekry het op n manier sonder om die stelsel te aktiveer om haar in te wag, as die stelsel dalk nie afgesit was nie. Kry gou die sekuriteitsmense uit dat hulle die stelsel kom toets”.
“Maak so kaptein” en n halfuur daarna stop die mense voor die huis om die stelsel te kom toets. Die stelsel toets egter normaal en is geen fout te vinde nie.
Nadat hulle weg is is Kas se opmerking teenoor Aalwyn en Herman: “Hierdie is n vooraf beplande moord en n slim moordenaar daarby wat geweet het at hy doen. Herman hoeveel “remotes” is hier vir die stelsel”.
“Kas hier is net twee, die een aan my sleutels en die een aan Irene se sleutels. Hier het ons Irene se sleutel op die vloer gekry wat hulle nou op beslag gelê het. Daar is ook nie remotes aan die voertuie se spaarsleutels nie”.
“Ons moet gou deur die huis gaan Herman, laat ons net kyk of alles normaal is en of dit nie dalk n inbreker was wat op heterdaad betrap is nie”, vra Kas.
Hulle gaan die huis versigtig deur maar verklaar Herman dat daar niks vermis word nie. Kas vertrek na die ondersoek huis toe en reël hy met Herman om die volgende dag n volledige verklaring af te neem, daar is niks wat hulle nou verder kan doen nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.