Jongste aktiwiteit:

Daar waar ware liefde bly

Daar waar ware liefde bly

Op ’n lappie grond is skaap en bees, ’n hoender en meer, saam met gans en eend.

Perd bekyk die hele erf, terwyl tarentaal skrop vir ’n korreltjie kos.

Honde wat lek, sterte swaai. Net ’n bietjie liefde om hul dag te maak.

Sonder voorwaardes en tonne reëls verkies die plaas. Dit is hoe ons die lewe moet leef.

Die son sak in skilderykleure, almal maak reg vir die vere.

Al is die geselskap min, is dit hier, tussen iewers en niks, waar ware liefde woon.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed