Lente in die skoolgange
(BRONS)
Lente in die skoolgange
is meer as net ‘n seisoen
Ons was moeg vir die winter
en moeg vir mekaar
maar die lente het nou gekom
en die koue vervang
Nou is daar weer ‘n gefluister
in plaas van stil, koue klaskamers
Lag weerklink weer in die gange
en vervang die koue wind
Oral in die skool
het die lente weer ‘n verandering gebring
en almal wat gewens het vir die klok om te lui
is nou weer met vrolikheid gevul
Dis nie net nuwe blomme nie
in hierdie skoolgange is dit ‘n nuwe atmosfeer
en die winter se hopelose koue
is deur skaterlag in die gange
en ‘n nuwe lus vir die lewe
vervang
deur Anja Nel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.