uit stof (silwer klas)
uit stof
daar staan die gestalte in die spieël
’n traan val skugter
vreemd en ver
losgeskeur van die aarde se atmosfeer
gedagtes vlieg omhoog
(in eensaamheid van hierdie breekbare heelal)
en raak so byna amper aan die
hemelblou-rant
’n vinger reik uit na die krake
die koue sypel deur beenmurg
en
vind dan onverwagte rus
in die warm droesem van onthou
die vrees vir die stof smelt weg
oë geanker in die eie blik
en in die brose krake –
die hersenskim:
net ek
© Pierce van Tonder
Digtersnota: uit stof
As digter plaas ek die krisis van identiteit en die bevryding van selfaanvaarding onder die vergrootglas. Die spieëlbeeld word aanvanklik as ’n vreemde “hersenskim” beskou—’n projeksie van foute waarvoor die mens na die hemel vlug. Dit is ’n reis vanaf eksistensiële vrees na die absolute vrede van genoeg wees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.