Basiese Profiel
Pierce
Lewenskets:
Naam: Dr. Petrus Johannes van Tonder
Noem naam: Pierce
Gebore op 20 Julie 1970 in die groenland van Natal. Voltooi my hoerskool loopbaan aan Hoerskool die Fakkel in Gauteng in 1988.
Ek bekwaam my as Dokter in Fitoterapie, bemeester die kuns van neuro-linguistiese programmering en kwalifiseer in tussentyd as onderwyser. Ek praktiseer tans vanaf Brooklyn, Benoni en Bedfordview. Ek glo dat elke wese ‘n inherent aangebore eienskap besit tot selfgenesing. Ek is slegs die fasiliteerder in die proses.
My identiteit as trotse Afrikaner le in wie ek is en waarheen ek oppad is. Geloof speel ‘n belangrike rol in my lewe. Ek skryf graag in my taal, Afrikaans, want ek geniet die kreatiewe uitdagings, die dinamika sowel as die stimulering van my leser se intellek. ‘n Puris in wording… Lekker lag ek nou.
Ek beskou myself as ‘n kranige reisiger en is van mening dat om herinneringe saam geliefdes te bou is meer werd as al die goud in die wereld. Fotografie is ‘n passie. Ek hou daarvan om my hand aan kwas te le en geniet veral olie verf as medium. Filosofeer graag saam met vriende oor ‘n glas rooiwyn en lag is altyd ook goeie medisyne.
Ek skryf al van kindsbeen en die tyd is nou… My ideale is om al my kronkelpaaie te deel, Afrikaans met trots te bevorder en behoue te laat bly, die mensdom tot die insig te laat kom dat daar wel ‘n plekkie in die son is vir ons almal en my eie digbundel en prosa te publiseer. Ek sal altyd wil droom van my sinkplaat dak huisie by die see met tyd op hande om aan my boek in wording geboorte te gee.