Brons my wasgoedpennetjie-dae die matgroen verslete katoenhemp deel sy vars-sonstraal-geheime met die dofgrys donserige jas wat langsaam (eensaam) op die herfsblaar-akker-rooi hang en wag ek verlang meteens na Ingrid Jonker se ‘Begin somer’ … die houtskoolrook kruip krulstert nader en my skoorsteenpothoed vind sy rusplek op die ongeslypte steen as bykans vergete troon die hangkas […]
in arendsklou (vir my ander suster) met ’n onopgesmukte saamgepersde lip in ’n rookwolk se wit walm: breek deur geskreefde troebel oë die moedige strofe… ‘ek is wie ek is sal vir altyd wees wat ek is, dis ek…’ sy skilder haar legkaartmure hoog met ’n gespalkte gewrig en aan-een-haelende kweshale goudgeel sonstrale en ’n […]
Op gister se spoor lente kruik vol bloeisel-botsels laggend koggel Pierneef-wilger se immergroen verstrengelde vingers speel in saffier-blou maanlig deur gryse haar-kronkel-paaie heen jou glimlag in stilswye (effens) neffens die legkaart van my hart moeg geswoegde oë sing die lewenslied van lief en leed met haar warm kleed moed se dapper-wyn: oud-grashalm-goud ek en jy […]
BRONS MEI 2025 Emansipasie (… ewige konsternasie) Sleeptongende woord’ val spykers se klakkelose reën heilig is die grond waarop ek staan. Tjankende winde kwyn blomblaar prag se fluister lust’loos is die lewelose liggaam. Versluierde siel peins naak gewaad se mis-triestige grys rustig is die digterlike muse Bloedbevlekte vlerk erodeer gedagtes se diepste blou veilig is […]
BRONS MEI 2025 Ek lief jou (vir ewig is nie vir altyd maar verewig is vir altyd) blou sipresse lig hande omhoog pienk-oranje sonsondergang se bloos meeu se bevlekte geskreeu diabolies die kakofonie van klank weergalm tussen berg en dal rooi poeierkwas kronkelpaaie se versteke beknopte stegies lank gelede se vergete kosmosse blom in hemelraam […]
BRONS (R)evolusie in die oog van haar orkaan vind ek vrede… verstrengeld in arendsklou se grou-blou magiese wentelbaan huil in kou-rou verskietende ster skerts saam hemelraam mensdom bionies in moederaards faam toksies manipulerend die ego stil Rachel de Beer se siele eggo gedwonge segregasie in skaakmat haar heiligdom in son en see […]