uit stof daar staan die gestalte in die spieël ’n traan val skugter vreemd en ver losgeskeur van die aarde se atmosfeer gedagtes vlieg omhoog (in eensaamheid van hierdie breekbare heelal) en raak so byna amper aan die hemelblou-rant ’n vinger reik uit na die krake die koue sypel deur beenmurg en vind dan onverwagte […]
my rugsakdae waar ek vandag my stem onbloot is die woorde té groot en verstik die ink ek – gedoop as ’n enkeling, ’n empaat, voor hoop se nood staan ek nou naak so stap ek die oggendlig tegemoet in ‘n koppie tee word my sorge versuip in die sonksyn se gloed skyn my dankbaarheid […]
Jy is nie jou diagnose nie. Die toekenning van ’n kliniese of psigologiese etiket word dikwels verkeerdelik as ’n statiese eindpunt beskou. Dit is maklik om te glo dat ’n spesifieke diagnose of stempel jou identiteit definieer en die grense van jou toekoms permanent vaslê. Ek verstaan die rasionaal agter hierdie aanname maar verwerp […]
… waar die storms gaan lê herinneringe dwaal in vlakgraf-se-seer want die dood het jou van my weg kom skeur nou bloei my hart op papier – koud – soekend na woorde in die stilte van die woud ek onthou ‘n affodil se geel wat op jou graf pryk (die granietplate was versier in die […]
jy drom om my… (rus sag – liewe by) die dam groet en die koperplaat wink ek rinkink – alleen – in adamsgewaad uit die bloute (soos ‘n spioen in geel en swart) kom drom en brom jy met jou swetsende gezoem en vind rus in my wese – ‘n donderslag van dreigemente kruip […]
Brons: Junie 2026 Houtbaai se anne’ kint die auntie se bloei-my-droeg¹ kletsrym innie agtergron’ while’ie kinnis sokka speel innie Hangberg* se straat die grootmense praat oo’ smileys² en tigers³ en Menee’ sit da’kant allêrens – spekvet en geson’ s-w-a-a-r hang graniet-stil krans en waak oor die brullende branders van die Kaap en ek wens dat […]
Brons: April 2026 meesterlik Sy skepping ek onthou die ossewa se kreun in skreeuende kreet wat al bytend oor die klippe en keistene vreet -somber sy lied van vryheid na gelykheidsreg- terwyl hy ingenome die toekoms in veg granietstil die tyd tussen wik-en-weeg word met tweesnydende swaard in gedagtes herleef -vreesaanjaend staan ons in die […]
Brons my wasgoedpennetjie-dae die matgroen verslete katoenhemp deel sy vars-sonstraal-geheime met die dofgrys donserige jas wat langsaam (eensaam) op die herfsblaar-akker-rooi hang en wag ek verlang meteens na Ingrid Jonker se ‘Begin somer’ … die houtskoolrook kruip krulstert nader en my skoorsteenpothoed vind sy rusplek op die ongeslypte steen as bykans vergete troon die hangkas […]
in arendsklou (vir my ander suster) met ’n onopgesmukte saamgepersde lip in ’n rookwolk se wit walm: breek deur geskreefde troebel oë die moedige strofe… ‘ek is wie ek is sal vir altyd wees wat ek is, dis ek…’ sy skilder haar legkaartmure hoog met ’n gespalkte gewrig en aan-een-haelende kweshale goudgeel sonstrale en ’n […]
Op gister se spoor lente kruik vol bloeisel-botsels laggend koggel Pierneef-wilger se immergroen verstrengelde vingers speel in saffier-blou maanlig deur gryse haar-kronkel-paaie heen jou glimlag in stilswye (effens) neffens die legkaart van my hart moeg geswoegde oë sing die lewenslied van lief en leed met haar warm kleed moed se dapper-wyn: oud-grashalm-goud ek en jy […]