meesterlik Sy skepping (Brons: April 2026)
Brons: April 2026
meesterlik Sy skepping
ek onthou
die ossewa se kreun in skreeuende kreet
wat al bytend
oor die klippe en keistene vreet
-somber sy lied van vryheid na gelykheidsreg-
terwyl hy ingenome die toekoms in veg
granietstil die tyd tussen wik-en-weeg
word met tweesnydende swaard in gedagtes herleef
-vreesaanjaend staan ons in die gety-
maar
imperfeksie se refleksie
laat die grense vervaag
en
korhaan staan my kraag
my land en sy taal in loutere vuurdoop geknoop
God se beskerming bly ons skans
wanneer die dood langsaam om ons dans
ons hunker en dors na die diepste blou
waar grashalm padjies ons altyd laat onthou…
_eendracht maakt macht_ is ons gedrewe
mag ons áltyd na die mag van die liefde strewe
© Pierce van Tonder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.