barmhartig
kwytgeskeld
sit ek op my duin
genade oneindig groot
oorspoel my strand in wit skuim
laat spore agter van lewende diertjies
wat dadelik in die sand wegtonnel
hul lugborrels staan soos blasies
van herinneringe in my gemoed
onverdiende guns, reën op my
Sy plan vir my nog steeds
in goedertierendheid
verstek in Sy
genade
in Hom gee
ek my siel
onbevange
oor
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.