Is jy werklik man
Is jy werklik man Deur: Ryno du Plessis
Harte bekoor jy, met woorde toor jy. In jou eie wêreld woon jy.
Vloek en skree is jou liefdestaal.
Met vuiste wen jy, met ’n bulderende stem roem jy.
Beter as die beste— jy ken geen grense. Almal spring volgens jou wense.
Voor God is jy klein, jou kasteel verkwyn, jou krag verdwyn.
Is jy werklik ’n man, of skuil jy agter die ware bang?
Kyk na God, bou ’n band— dan leer ken jy ’n ware man.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.