Jongste aktiwiteit:

Gebreekte muur

Gebreekte muur Deur: Ryno du Plessis

Houe het getref,skote het geklap—   die lewe het gepraat.

Mure het geval, die vyand het my oorval; my veilige plek het nou gebrek.

Stukkend en bang bid ek: Here, laat die donker my net nie vang nie.

In my eie wêreld, almal reeds verban, maak ek self ’n plan.

Kyk waar het ek myself in laat vang.

Here, bou vandag nuwe mure;vul my leë skure.

Seën my bure en leer my om op U te vertrou.

Met groot berou vra ek: Here, laat ek U lig weer dra.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed