Dis die Dood wat Lente bring
Met die uitgang van my dag kom ek staan
in bewondering oor die waasbleekmaan
wat druip bo die son wat dyend sterf
in sagter kleur van aangeslane goud
en my siel en gees word skielik koud
soos die wegslaanasem van winter
as sonnestrale oor verre rante splinter.
Tog: Ek weet, uit draaiing van seiesoen,
dat in hierdie herfs meer blare sal verkleur
na roesertint gesprinkel tussen groen.
En ek kyk af, besien my aarbespattehande;
afgetob deur tyd wys kou- en somerbrande
onnodiggeilbegiet die oumensvlekke
van vermoeiings oor getye ingeêts .
Die herfs het my ontydighaastig ingehaal…
Net die afbreektekens van die ouderdom verhaal
dat aans oor my mý winterstryd sal breek;
dat ek ook blareloos sal toetree tot die tal
om dan, soos vele sedertjies maar ook te val
deur die wegslaanasem van ’n Groter Winter.
Want eers na̒ die dood sal ‘n beter lente breek.
4 Kommentare
-
-
Anze
hierdie pragwoorde is baie diep uitgehaal.. PUIK
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth Greef
'n Diep werk, KK. Goeie beeldspraak van natuur versus mens. Ek geniet altyd jou verse, dit raak die siel!