Jongste aktiwiteit:

Die windpomp roep my naam

Die Windpomp Roep My Naam

Tik-tak, tik. Gesels ou watermaker by die dam.

Singend draai die groot waaier in die wind.

Op sy tyd pomp hy water van doer ver onder die grond gevind.

Die windpomp roep my naam:

“Welkom tuis.

Hier op geleende aarde sal jy nooit weer vergaan.”

Bou nou voort aan weer opstaan. Hou aan die Woord oop slaan.

Sou vrees weer kom jaag, hoor die tik-tak, tik van tyd.

Ontspan en kyk.

Winde waai, maar dit is nie almal wat verwoesting saai.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed