Oktober se blomme mooi
Oktober maand, Oktober maand dink ek my nou aan Leipoldt terug sien ek jou mooiste mooi teen die bloue lug as Jakaranda’s staan in hul perste-pers O’Leipoldt, dis jou Oktober maand die want al die blomme en heides dans ʼn wals, ʼn wals met reën se kos’bre seën is die velde vrolik en die volkies […]
klein oomblikke (Silwer)
soms raak my woorde min en moet ek skryfplek soek dan vul ek my digtershart se leë woord-fontein met die lewe se klein oomblikke tot dit bor’lend oorloop my woorde liries laat vloei en ek raak rustig aan die slaap gedig en skryf-lier in die hand
lentevreugde (Silwer)
die eerste belowende klanke van die lente se lieflike lied laat my ~ heel uit pas ‘n baldadige dansie dans op die postlude van die kwynende winter
As die Jakarandas bloei.
Jakarandas wat in volle swang hul purper-pers gewaad dra, laat my spontaan glimlag. Die skildery op die doek van Oktobermaand is so ongelooflik mooi. Ek sukkel om my bewondering te verwoord. Ek stop in die laan en klim stadig uit my motor. Ek stap oor die pers tapyt van Jakaranda blommetjies wat gestrooi is oor […]
Die ontstaan van liriese poësie.
Die ontstaan van liriese poësie. As ek na mooi gedigte luister kry ek soms ʼn oorweldigende begeerte om te sing! Soveel is my waardering vir sonnette, elegieë en villanelle wat uitgeken kan word aan spel van klanke en sterk emosies. As jy na my aard, is jy sekerlik ook ʼn liefhebber van liriese poësie. Liriese […]
Onvoorwaardelik te laat
“Hoe kan ek liries raak oor iemand wat dit aan my gedoen het? Dis al klaar swaar genoeg dat ek moet gaan, nou moet ek nog maak asof ons na aanmekaar was. Asof die liefde nog daar was. Tog…sy was my ma. Sou dit anders gewees het as ek by haar was toe sy dood […]
waar my hart blom
teen die berg op al in die klofie op oor groot ronde klippe sulke rooierige klippe vuil van die rooi grond tussen pionier plante wat soos reuse varings grond vashou as dit reën onder wit blomme wat stink lente geur van die berg tuur ek om my in mis van vroeg oggend se fris skrik […]
Ek stap my pad met blymoedigheid.
Ek stap my pad met blymoedigheid. “Dit gaan met my goed, dankie, BAIE goed.” Die woorde van ʼn kosbare vriendin, Theresia sal my altyd bybly. Ongeag watter dag van die week of watter tyd van die dag, as jy haar vra hoe dit gaan het sy jou geantwoord, met ʼn glimlag op haar gesig. Ek […]
simfonie in pers (SILWER)
simfonie in pers dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg en Pretoria pronk in purper-pers die wind streel met ʼn sagte hand oor die Jakarandabloeisels in die laan net gister was die aarde nog vaal nou jubel groot trosse bloupers blomme aan punte van dun takkies en sprei ʼn perstapyt uit in die laan ʼn Hadeda sprei […]
My tortelduiflief (Goud)
ek wou maar net ‘n rympie skryf oor die minnelied van ‘n tortelduif wat koer-koer in die wilgerboom liries van die liefde droom dis toe my oog haar fladders vang waar die bloubessieboom se takkies hang haar beeldskoon beeld was sonder blaam soos in ‘n windverwelkte fotoraam ek reik dromend uit na haar maar sy’s […]