waar my hart blom
teen die berg op
al in die klofie op
oor groot ronde klippe
sulke rooierige klippe
vuil van die rooi grond
tussen pionier plante
wat soos reuse varings
grond vashou as dit reën
onder wit blomme wat stink
lente geur van die berg
tuur ek om my in mis
van vroeg oggend se fris
skrik op as bosbok blaf
hier naby my in die nek
as hy sy ooie waarsku
voete gly in die gleuwe
van die reën fonteintjies
wat vrolik uit die klippe kom
borreltjies nat genot
wat bome laat bot
rustig adem ek dageraad
se varsheid vir my siel
speel my hart sy note
wat jubel in refrein
van die lewe
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek