Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Ons is merkwaardig (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2022 1

(Vir Vrouedag)
Aantal woorde: 269

Dis Vrouedag, maar vir my voel dit presies dieselfde as enige ander normale dag. Niks besonders anders nie. Slegs die feit dat dit ’n publieke vakansiedag is en ek vanoggend nie (soos gewoonlik) vroeg uit die vere hoef te verreis om my kinders na die dorpskool…

NEE! vir ʼn nuwe naam.

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 3

NEE! vir ʼn nuwe naam.

Nathi Mthethwa kom toe mos op 10 Maart 2022 met sy briljante idee vorendag: die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se naam moet verander word: ononderhandelbaar! So reken meneer Mthethwa dat die Afrikaanse Taalmonument “ ’n groot deel van die Paarl, waar die monument en museum…

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

HOE LANK (goud)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

STERK STILTES (BRONS AFDELING)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)

Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.

Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 165 gaste aanlyn

Bydraes – Argief