
wasig
ek reik uit na die sterre
my siel sweef ver in die kosmos
my soeke na ‘n plek van vrede
my hart bons van verwagting
my ikarus-vlug neem my ver
bo alles in die skepping wat bekend is
altyd soekend na die vredes planeet
telkens opgewonde, nooit tevrede
my eenvlerkvlug skroei my
onvervuld begin ek tuimelend
my neervallende reis in kermende
doodse vryval tot verskroeide lot
oplaas styg daar iets op
uit die puin en mis van die slag
iets so rein en wit soos sneeu
soos ‘n silwer draad kartel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.