Roem
Op die bestemde tyd het God Sy seun gestuur,
Hy het gewag vir die regte uur.
Vir ons is Sy Seun vergruis;
as jy graag wil roem, roem oor jou redding aan die kruis.
Jesus Christus het ons kom red,
nou is ons vry van die sonde en die wet.
Ons word nie vrygespreek deur dit te onderhou,
Nee, sy woord is getrou;
slegs deur in Jesus te glo,
dis die goeie nuus van bo.
Christus het dit alles vir ons gedoen,
om ons weer met God, te versoen.
Abraham het geglo, en hy is onskuldig verklaar;
wat ń wonderlikre gebaar.
God het hom geseēn;
in Christus is ons almal een.
Dis kragtens die belofte van God;
daarom hou ons vas aan Sy grootste gebod,
want almal wat glo, word vrygespreek van die straf.
díe goeie nuus is voor af aan Abraham verskaf
Nou is ons Sy kind;
deur Jesus Christus, het ons die weg gevind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.