besef
stres is soos om op ‘n dun kabel te stap gespan tussen twee geboue alleen sonder veiligheidsnet wet van swaartekrag rem en trek heeltyd aan jou om te ontspan na jy veilig oor is voel wonderlik en sag maar die gespande emosie versteek homself diep onder die bewuste van jou hart ouderdom is sneller van […]
NUWEJAARSBELOFTES
NUWEJAARSBELOFTES geskryf deur Fanus Strydom terwyl klappers kompeteer met knetterende braaivleisvure en vuurwerkpyle vlietend oorhoofs slinger borrel haastiggemaakte besluite en kraaknuwe beloftes net betyds soos gister se jaar helaas weer vonkelnuut dog ondeurdag en ydelwaar by mense en bottels se oorgulsig oopgebreekte bekke uit terwyl ek iewers tussen sterre en middernag se donker dronk met […]
DEURBRAAK
DEURBRAAK Geskryf deur Fanus Strydom 1246 woorde Vanuit die slaapvertrek hoor sy haar roep waar sy in die voorhuis besig is om vir die vrou ‘n kommetjie sop te maak. “Tsk…tsk…tsk…” klik sy peinsend haar tong, terwyl sy stadig roer aan die pot op die vuur voor haar. Sy besef haar tyd kom vining nader. […]
lewe in die skemer
soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]
My belangrikste samesyn.
My belangrikste samesyn. Deur die Woord sal jy sien dat Jesus mense kos gegee het en saam geëet het. Van die bekendste was die ete wat Jesus en sy dissipels gehad het kort voor Hy aan die kruis sou sterf. Volgens die Skrif het Jesus uitgesien na die samesyn van ʼn maaltyd met sy geliefde […]
voorlaas helaas
nog een slapie dan bêre ons ou skapie wat ‘n mallemeule was dit van draf na stap tot by sit elke oomblik vasgevang tog is niemand mos bang wat agter lê maak ons sterk hef aan lê voor en ons werk geen verwyt sal iets vervang wat kom fluister op my wang geloof, hoop en […]
Samesyn sonder die Grinch
Vir al daardie outjies wat moeiteloos die genot uit enige Kersfeesviering kan suig. Ek het in ʼn huis grootgeword waar my drie sibbe met Kersfeesvieringe en al die ‘trimmings’ grootgeword het. Teen die tyd wat Ano byna ʼn dekade later gearriveer het, het hulle hulself van hul heidense weë bekeer en daar is alleenlik gefokus […]