Jongste aktiwiteit:

lewe in die skemer

soos die awendson daal
raak dit stil in mens se lewe
almal om jou kyk meewarig
na skelet van wat jy was

wanneer jy stil raak
word eensaamheid werklik
mense verdink jou van trots
van eiewysheid en inkennig

as skemer wat so gou kom
sny introversiewe denke diep
selfondersoek laat bloedspore
verdiep jou gelaatstrekke

stille skemertye is hemels
gratis tye van jouself ontdek
geleende tye wat dankbaarheid
met biggelende trane bring

in skemer is dit makliker
om jou leeftyd te herspeel
makliker om te wag op môre
sonder om ander te ontstel

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed