besef
stres is soos om op ‘n dun kabel te stap gespan tussen twee geboue alleen sonder veiligheidsnet wet van swaartekrag rem en trek heeltyd aan jou om te ontspan na jy veilig oor is voel wonderlik en sag maar die gespande emosie versteek homself diep onder die bewuste van jou hart ouderdom is sneller van […]
Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
lewe in die skemer
soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]
voorlaas helaas
nog een slapie dan bêre ons ou skapie wat ‘n mallemeule was dit van draf na stap tot by sit elke oomblik vasgevang tog is niemand mos bang wat agter lê maak ons sterk hef aan lê voor en ons werk geen verwyt sal iets vervang wat kom fluister op my wang geloof, hoop en […]
weer
winter het gegaan en die somer staan ryp snaakse reën storms verskyn telkens veroorsaak deur laagdruk stelsels wat uit die niet verskyn veroorsaak diep water, dorpies se strate word rivier lope al die gemors was weg alles storm see toe vis oë kyk verdwaas na hierdie gordyn van plastiek seestrome spoel dit tot in die […]
likeur
vol stof en padmoeg kom hulle hier aan in sulke optogte van oral se registrasies so ver as die noorde selfs dié ooskus daag ook op vir plesier en mooiweer het hulle gekom handoeke en strandsambrele sonbrand middels en baie kiste bier meeste mense darem goed gemanierd arme weskussers betaal weer van vroeg in november […]
Paddadysmoles
Alles is nie pluis in die Paddadys: die modderrige vleitjie van die Paddadigma Koningshuis Koning Paddadigma se heerskappy ontspoor ambisie tot vernuwing het hy lankal reeds verloor Prinses Paddadocs is te groot vir haar skoene en Koningin Paddanormaal fokus slegs op visioene Die volk is ontevrede oor die prys van paddafien ‘n Platanna-faksie wil van […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
Parlementêre surkus
Parlementêre sirkus (Satire) blinkkopmanne met snyerspakke en gestyselde witboortjies met pienk sokkies in blink gepoetsde skoene sit soos uitgebeitelde houtsoldaatjies in ’n ry en loer deur vroom dikraambrille agter korrupte boepenskruisbande manelrooi-oorpakke skree: ‘kill the boer, kill the farmer!’ pienkgetooide vroue-marionetpoppies seleb neusie in die lug oor die rooitapyt ‘kom ringmaster hierdie korrupsie-sirkus is verniet! [&hell