Parlementêre surkus
Parlementêre sirkus (Satire)
blinkkopmanne
met snyerspakke en gestyselde witboortjies
met pienk sokkies in blink gepoetsde skoene
sit soos uitgebeitelde houtsoldaatjies in ’n ry
en loer deur vroom dikraambrille
agter korrupte boepenskruisbande
manelrooi-oorpakke skree:
‘kill the boer, kill the farmer!’
pienkgetooide vroue-marionetpoppies
seleb neusie in die lug oor die rooitapyt
‘kom ringmaster hierdie korrupsie-sirkus is verniet!
drink saam ‘n glasie sjampanje, ‘n skemerkelkie of twee
daar buite heers armoede moord verkragting verdriet
agter die kap van die korrupsiebyl moet ons skuil…’
Ringmaster, sal jy ons song begelei?
‘Zumpie Kedoempie sit op die Gupta korrupsiewal,
Zumpie Kedoempie het toi-toi uit sy amp geval
Zumpie Kedumpie het die land tot rommel verval,
al die howe in die land het probeer
om Zumpie Kedumpie te arresteer
maar kon Zumpie Kedumpie nie aankeer
nou sit Rampie Phoza in Zumpie Kedoempie se stoel
wyl korrupsie in ANC-middelkring voort woel
en manelrooi-oorpakke met gebalde vuiste skree:
‘onteien the boer, onteien the farmer’
daar buite heers armoede moord verkragting verdriet …’
meneer die president: ‘HOE BOU ONS SO ’N LAND, ’N NASIE;
of slaan u maar die kitaar op dieselfde snaar?’
——-ooo000ooo——-
(© Kopiereg: Pieter Mostert)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.