daeraad
op die rand van dageraad
sak die Maan agter die westerkim
terwyl die kragtige oranje Son verskyn
sy majestueuse rooi en wit strale versprei
deur miswolke en dik wolke verby
verhelder dit die hemelruim
in kakofonie van helder
ligskakkerings
van elke
kleur
ontplof
oor elke
skaduwee
verdwerg elke
duister hoekie
in Kaleidoskoop
van simmetrie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.