Stop
Stop
Jy glimlag van oor tot oor, altyd goed is wat jy die mens laat hoor.
Jy verkies om vir ander eerder die verdwaalde spoor aan te wys, te bang om te herken, swaarkry kom maak hom ook soms in jou lewe tuis.
Moeg vir voorgee het jou reeds omgeduik, selfs die oordeel van nog beter wees het jou nie misgekyk nie.
Tot die bitter einde probeer veg jy die groot oorlog van aanvaarding in die gemeenskap, selfs die kerk. Die begeerte van ook net ’n plekkie onder die wêreld se son.
Al lê donker stof in jou huis, sal jy nooit waag om dit vir iemand te wys nie.
Stop vir ’n sekonde en besef jou waarde.
Soms is stop veiliger as om te beweeg. Het jy dit al ooit oorweeg dat opregtheid reeds genoeg is vir God?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.