Môregloed (Goud)
Lig klou aan die afgrond se rand, duisternis skeur deur stom stilte, wind huil skerp deur die nag se verslete nate, maar hoop skiet wortel in klip en storm. Golwe breek, val, breek weer, maar dreun in ’n geduldige ritme, soos ’n vuurvonk wat blindelings bly hoop. Selfs in stille skemer skryf sonstrale geduld, selfs […]
Harlaboerla-land (GOUD)
Ons Harlaboerla-land strek wyd, en waarheid word opgedis met nyd. Die koning hou ’n groot beraad, waar die hofnar net kan grootpraat. Die raadsheer griffel ’n lang beleid, dit rym met niks, behalwe spyt. Die wette dans soos wappergras, wie weet wie klim tot in mag se kas? Belasting klim, ons beursies krimp, met leiers […]
Aura
Aura Een bloedige, bloedige middag in Januarie, skuins na 14:00, staan ek in ’n poskantoor om seëls te koop. Seëls, van alle dinge. En in Mariental, van alle plekke. Enige een wat al ’n Januarie in Mariental beleef het, sal verstaan dat die hitte onbeskryflik is. Dit skroei jou van buite en kook jou van […]
Gesinne, vandag.
Gesinne, vandag. Ek onthou die dae toe gesinne standaard-rolle gespeel het: Pa was die broodwinner, Ma die tuisteskepper wat altyd daar was vir die kinders. Dan: kinders – die professionele eksperimenteerders – altyd gereed om ’n nuwe manier te vind om die huis se vrede te ontstig. In daardie dae was dit ’n eenvoudige resep, […]
na middernag (Goud)
na middernag oorgeslaan met brood en wyn salf ek my wonde met woorde maar my oë loop in hierdie donker uur al agter die aandster aan totdat ek sien hoe ’n silwersnoer om die maan hang en toe die reënwind liggies begin stoot word trane my afkoopboete net na middernag © Hester Steenkamp
Putin (Engelse sonnet) (Goud)
Die bomme van jou yster pikswart Z vanuit jou goue kamer hussekas, kom jaag nou kankerkinders uit ‘n bed, daar waar die omgee oor hul krities was. En met jou asem vrot van walgingsgrin, regverdig jy die voeder van jou mag, met woorde in ‘n psigo leunaarsin, gewetenloos teen onskuld wat daar wag. Die mens […]
Skoonma se tong
(Woordtelling : 1223) Skoonma draai verseker 365 grade in haar graf om as sy my nou kon sien! Die feit dat ek nog altyd graag kaalvoet geloop het, het haar glad nie aangestaan nie. Op my 30e verjaardag het sy my sonder seremonie vertel dat dit nou tyd geword het dat ek skoene moet […]
‘n Arendsvlug
Sy trek haar voorvinger lusteloos deur die waterstreep op die spieël. Môre. Sy sal môre daaroor worry. Of dalk nie. Haar oë vee vlugtig oor haar gesig. Donker kringe onderstreep die dofheid in haar oë. In die geel badkamerlig lyk haar vel degerig. Is daar ooit so ʼn woord? Sy trek haar yl wenkbroue argeloos […]
Panorama (Goud)
Berg-op, by ‘n uitkykpunt was daar so ‘n tikkie deja vu die herontdekking van die mooi was asemrowend, net soos ons dit toekatyd beleef het, maar so baie het verander en die mistige onthou was net effentjies nostalgies, eintlik glad nie blou nie, want in my leef die wete jy gaan waar jóú kompas lei […]
ʼn Dag om te onthou
(Woordtelling 597) Dit maak nie saak hoeveel jare of dekades verloop nie, soms kan mens presies onthou waar jy op ʼn spesifieke dag was, en selfs waarmee jy besig was. In uiterste gevalle kan jy ook ander, minder belangrike inligting onthou, soos die weer of die klere wat jy aangehad het. Vandag, veertig jaar […]