Môregloed (Goud)
Lig klou aan die afgrond se rand,
duisternis skeur deur stom stilte,
wind huil skerp deur die nag se verslete nate,
maar hoop skiet wortel in klip en storm.
Golwe breek, val, breek weer, maar
dreun in ’n geduldige ritme,
soos ’n vuurvonk wat blindelings bly hoop.
Selfs in stille skemer skryf sonstrale geduld,
selfs in afgrond vind ’n arend sy nes.
Duisternis kan nie bly staan waar lig lewe nie,
en môre, ja môre,
bly ’n baken van hoop.
©MarleneErasmus
10/03/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek