klaar
ou groot leeu
lê en hyg na sy asem
langs hom lê die buffelbul
wat hy met groot moeite en geveg
na ure se gespook plat getrek het
hy is eenvoudig te moeg
om sy bek oop te maak
en te begin vreet
so voel ek soms
hier na die ouderdom
se hewigste gevegte verloop het
en ek moeg agteroor sak van uitputting
draal my gedagtes altoos terug
na die leeu en die buffel
natuurlike verloop
in die kosketting
welverdiende
rus na harde
hewige
stryd
so
sal dit wees
tot alles is
volbring
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.