Alles raak pap
Alles raak pap Nooit in my wildste drome het ek gedink ek gaan so brutaal gekonfronteer word deur goed wat pap raak nie. Kort-kort kom daar nog iets by. Die aanslag is meedoënloos. Dit hou net nie op nie en hoe ouer ek word, hoe erger raak dit. Dis ’n daaglikse stryd wat my uitmergel. […]
Kersete vir twee (Goud)
Kersete vir twee oupa en ouma sit op die stoep en luister na ’n spookvoël se roep hul wonder waar’s die kinders heen hulle kan dié jaar nie eens één ekstra bord aan die tafel dek selfs al is daar vir agt mense plek ouma gee vir oupa ’n peer sy sê: volgende jaar probeer […]
Winterbelofte #Brons
Winterbelofte Die dagbreekgordyn word later en later oopgetrek. ‘n Fyn sproei soos miggie-piepie bring ‘n sagte wasigheid aan die oggendstond. ‘n Verlange na vêr voëltjies spartel soos druppels teen die ruit. Vir ‘n oomblik verpoos hul op die vensterraam tot dit soos ‘n slakkie streepsel al langs die muur af loop om aan te sluit […]
vredestryd (Silwer)
wanneer verganklikheid denke noop om soos spirale te wring en kring word die kwade verdring banale dade en fatale woorde bedwing sodat die lewe se integrale waarde koorsagtig lig en ongekompliseerd kan bly gedy innerlike vrede … ook in my
taalbewonderaar (Silwer)
wanneer afrikaans op my tong tintel woorde weelderig en wellustig rinkink in kleurvolle klank weerklink verlustig ek my aan haar bestaan wanneer afrikaans se tongvalritme in lettergrepe kotteljons en tiekiedraai van swierige nuanse tot kekkelkraai verbly ek my oor haar bestaan wanneer afrikaans haar stem verhef deur boeiende beelde en neologisme gebore uit toekomsvisie en […]
Klaar gejag
Vrede op aarde Die wind het gaan lê. Son steek vir oulaas vlieswolke aan die brand dwarsoor die Manghetti. Oujan -‘n oorgehaalde skaduwee langsaan my – het iets gewaar. Hulle is hier! My bloed bruis onstuimig terwyl ek suutjies die patroon in die slot glip. Stil skuif hy agter die kruisbessie uit. Ek hoef net […]
Die onderhoud (Geskiedenisfiksie)
Frankryk 1838. Dis asof niemand meer kan onthou hoe vrede klink nie. Daar is heeltyd proteste, skreeuende betogers en rookdamp. Ek wonder of die betogers self weet waaroor hulle betoog; hoeveel van hulle kan met begrip lees? Koning Charles X het mos nou afstand gedoen van die troon. “Dis asof elke Charles wat koning word, […]
Waar rooimiere dans oor gesteelde Slaap
#Brons Waar rooimiere dans oor gesteelde slaap As die slaap nie sy lê kry en die dagbreektrein sy tyd vat, kom vier die rooimiere fees en hardloop resies in die bobeenbaan. Die nag is stil, bitter stil. ‘n Geskuifel en ‘n snork na asem breek so nou en dan die soete slaap van die medereisiger […]
somer (Goud)
die son los die aarde stadig en bemors die horison met ‘n oordaad oggendstond ek pepa die dagbreek baldadig dag-in die somerson vloei soos goud uit my wye mond ek ruik weer arikaners oopgevlek in my kinderhand en deur my somer-palms verwond ek onthou my pa se rotstuin my ma se […]