Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember & Desember 2025 – OOP projek

 

Beste INKers

Na aanleiding van die September projek (Orde uit Chaos) waar daar geen inskrywings in die Brons afdeling was nie, en baie min in die ander, het ek besef dat die INKers

jaareinde-voosheid ervaar. Alhoewel Oktober `n OOP projek was, het ek dit goed gedink om die res van die jaar op dieselfde trant te beweeg.

Al die projekte, November en Desember sal dus OOP projekte wees sonder enige voorskrifte.

 

Dit gee aan almal die geleentheid om hul skryfwerk persoonlik te motiveer en nie aan voorskrifte gebonde te wees nie.

Ek vertrou hierdie 2 maande van asem skep sal julle motiveer om die nuwe voorskrif-gebonde projekte in die nuwe jaar met meer entoesiasme te pak.

 

Neem asseblief deel aan die projekte in die tydperk terwyl jy die kans het om jou stem, sonder akademiese druk, te laat hoor.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
PROJEKBESTUURDER

ʼn vuilsilwer strandbal huiwer oor die horison aan die bopunt van porterfieldstraat skynbaar skeenhoogte, slaggereed om teen die steilte af te bons tot konsternasie van swenkende voertuie en verontwaardigde vakansiegangers maar vir nou hang die strandbal onmoontlik stil in gestolde tyd miskien pronkend vir insta-waardige foto’s miskien peinsend oor hoe Kepler en Newton die oomblik […]

Ons leef in ’n digitale era waar kunsmatige intelligensie (KI/AI) al hoe meer deel word van ons daaglikse lewe. Kunsmatige intelligensie (KI/AI) word dikwels beskryf as onaantasbaar, ‘wolkgebaseerd’, digitaal en skynbaar ook as sogenaamde “lig”. “Sit jou kosbare inligting in die wolk, (cloud), man!” sê almal. Die cloud, of te wel wolk, is nie die […]

  onder ‘n groot groen boom met flikkerende liggies  kleurvol hul weerkaatsing op kindergesiggies  pryk geskenke keurig toegedraai  ‘n kaleidoskoop van kleure  waaroor ieder gis en raai  maar  eens was daar ‘n moeder  wat aan die Redder lewe moes skenk  ‘n babaseuntjie fraai wie vir ons sonde moes sterf  sodat ons die ewige lewe kan […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed