Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Supermaan (Silwer)

ʼn vuilsilwer strandbal huiwer
oor die horison aan die bopunt
van porterfieldstraat
skynbaar skeenhoogte, slaggereed
om teen die steilte af te bons
tot konsternasie van swenkende voertuie
en verontwaardigde vakansiegangers

maar vir nou hang die strandbal
onmoontlik stil in gestolde tyd
miskien pronkend
vir insta-waardige foto’s
miskien peinsend
oor hoe Kepler en Newton
die oomblik sou neerpen

of ongeërg oor aardse dinge
soos die verkeersligwisseling
wat my ontgaan en die gautengsaluut
in my truspieël terwyl ek
verbysterd na haar skoonheid staar

© Cobus Kruger, 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed