Jongste aktiwiteit:

gieter

 

giet jou woorde

laat dit strome maak

strome van wysheid wees

strome wat meesleur en motiveer

 

 

woorde wat gedagtes dra

nie net klanke onder dwangrym

wat net die liberale ore wil hoor nie

maar vertel wat in jou siel gebeur

 

 

jy, gieterkop van gister

jy het so baie om mee te deel

gedagtes en woorde van weleer

doof jou liggie uit – is daar niks meer

 

 

giet jou woorde

laat dit verhard soos sement

hoeksteen vorming plaasvind

maak jou gedagtes lewe

 

 

giet jou woorde

oor die rowwe pad

laat gras groei oor kritiek

wek nuwe lewe in repliek

 

 

Ó Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak