Onverwags en tintelend!
Alle tyd is verlossingstyd,
alle tyd is saligmakend
tyd en onthou gaan hand aan hand
miskien is dit soos ʼn swangerskap
Jy kan dit nie met die blote oog sien nie
maar daar is tog iets wat gebeur
in hierdie gewone tyd
lê elke dag se verhale
van menswees, gemeenskappe en individue
Tyd is genade
al was dit soms net ‘n fluistering
die geheim is om dit wat ons het
te koester, vas te hou en te onthou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.