Tientalletroeplet
SILWER
Tien was nog altyd meer as ‘n getal
Dis ‘n simbool van voltooiing
en ‘n historiese knal
die Raad van Tien, beperking van mag
die Tiende Legioen
en die idee van ‘n tien-uur-dag
Fibonacci se verduideliking van tien
aan die Europese
die grondslag van hoe ons getalle sien
En nou, volmaak en voltooi: my tientalletroeplet!*
*Neologisme. Dit verwys na ‘n gedig wat uit tien reëls bestaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.