Basiese Profiel
Swerwerskruik
Ek is aspirant digter en liedjieskrywer. Ek het deesdae tyd en al my versameling van notas oor die jare van halwe en onvoltooide gedigte word deurgewerk en vermeng met nuwe dig gedagtes. My lewe het my regoor Afrika laat werk. Swerwerskruik verwys na my lewe waar ek ervarings en blootstelling aan verskillende mense en kulture soos klei bymekaar gemaak het en dan finaal als vermeng om kleipot te maak wat my gedigte moet dra. Swerwerskruik ‘n pot vol gedigte ©
My eerste lied geskryf is opgedra en gesing vir my jongste dogter op haar troue.
My tweede lied is Travelers Claypot wat binnekort in studio opgeneem word.
Die hooftemas in gedigte en lirieke is hoofsaaklik Stof pad verhale, Swerwer lewe refleksie, Musiek veral die ontwikkeling en innerlike proses. Verder skryf ek oor als wat my of mense rondom my raak.
