Jongste aktiwiteit:

Herwin

http://herwinning van ons ek het jou vergeet tussen die plastiek van gejaagde dae waar ons woorde soos bottels onherroeplik leeg weggegooi is maar ek het begin om jou te herwin met hande vol stilte en oë wat weer leer kyk sonder oordeel sonder haastigheid ek het ons uit die asblik van versuim gehaal met nuwe toewyding soos ’n hergebruikte belofte wat nog steeds warm is ek het geluister soos mens luister na wind wat deur droë gras fluister ek het belangstelling herontdek in jou stories jou skaduwees jou lag wat ek lanklaas regtig gehoor het vriendskap is nie ’n eenmalige houer nie dit is ’n kringloop van gee van omgee van weer begin ek herwin jou elke dag met die spesiale sorg van iemand wat weet hoe maklik mens verloor wat mens nie koester nie Swerwerskruik ‘n pot vol gedigte © Jaco Engelbrecht 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed