las
vanoggend is my duin
in troebel water versink
winde loslappie heen en weer
miswolkies skeer oor branders heen
argelose seemeeue pluk krappies
uit hul sandheuwel huisies
vlieg hoog op en los
val krap kerplop
so is die beste van my gedagtes
vireenselwiggend vanself opgesmuk
binne raamwerk van my liggaam se druk
sukkel dit om sin te maak van woorde
sinneloos uit drome pop soos flaf
rigiede normatiese neiging
stroom verbeeldingskrag
in ritmiese lewensslag
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.