Gesweef in duisternis
oor waters van chaos
wanorde woestheid leegheid
vestig Agape Sy almag wentelbaan
Sy alomteenwoordigheid binne
die sirkel van Sy heiligheid
getoonset
in die oneindige meetsnoere
van Sy genade oerknal Agάpē
O-rdeskep en
R-itmepatroon ’n
D-iversiteit van
E-kologiese sisteme
uit chaos
——-oo000oo——-
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir September 2025 – Orde uit chaos projek