darem
die wind waai darem nie
lente het darem uiteindelik gekom
die winter was darem baie erg hierdie jaar
die aanhoudende koue was darem te dik vir ‘n daalder
so darem ek aan oor my duin ek kyk terug na die kasarm
van wit gehuggie-huisies wat teen die duine opgroei
elkeen met sy eie inkommer-bewoners
wat die baai kom binnevaar
op elk sy bootjie
van eie reg
in al hierdie kasarm
groei daar afhanklikheid
dankbaarheid vir veiligheid
ontvanklikheid vir darem
‘n nuwe omgewing
nuwe begin
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.