Parlez-vous afrikaans ?
alors parle un langage pur
ons oude taalgebruik
verhaal en herhaal
pas aan by die gees
van elke geslag se wees
vandag is spreektaal
opmerklik vol anglikaans
taal behoudenheid
onbespeurbaar koud
daar is ‘n “slang” in die gras
ons trotse taalegte eeu-oue gras
is dit “die regte ding om te doen”
jou met die afwatering te versoen
hoe koud is die windjie en skraal
hulle wat brits meng in ons taal
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.