
My taal my trots
Op drie skepe het jy aangekom
jou fondamente hier kom bou
waar fynbos en proteas blom
jou tot ń volk se taal ontvou
veelsydig en kleurvol
soos lelies in die veld
waar my gedagtes weghol
as ek waarheid met woorde laat geld
deur stampe en stote staan jy sterk
baklei jy ń bittere stryd
teen ń vyand wat jou stief verwerp
en van voortbestaan wil stuit
Vir jou sal ek grootmoedig veg
my trots, my taal – mý geboortereg.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek