Jongste aktiwiteit:

Glas

Het jy al gehoor hoe glas val?
Gehoor hoe dit in stukkies breek?
Duisende klein stukkies…
Stukkies wat n mens nie kan optel nie
Daar is so baie klein stukkies
Nou dis hoe dit voel…
As jou drome niks meer beteken nie
As jy niks meer beteken nie
As sy nie meer kans gesien het nie
Jy voel stukkend
Gebreek in duisende klein stukkies
En jy smeek en smeek vir n kans
Maar daar was niks nie
Want jy is n weg gooi ding
Ietsie soos n stuk glas
Iets wat jy is… wat sy gebreek het

Het jy al gesien hoe lyk dit?
Gesien dat dit moeilik is om te herstel
Dat daar altyd stukkies stukkend sal bly
Maar tog…
Jy is net iets wat nou weg gegooi is
Wat gebreek is en vergete is

Het jy al gevoel hoe voel dit?
Jou hart van glas-
Net gebreek word en vergeet word
Dat jy maar net nog n iets was




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed