grou gisters – Goud
grou gisters die opdrifsels van grou gisters bly haak aan my herinnering-oewers onaanskoulik wanordelik uitgespuug om te verdor en vergeet te word dog versamel dit oor die jare en word ondeurdringbare mure waar nuwe seer- en swaarkry skuiling vind in stil ure afgesonder van die hoofstroom van daaglikse roetine en voorgee en wees waar […]
[SILWER] – DIE MUSEUM VAN VERLORE MENSE
DIE MUSEUM VAN VERLORE MENSE Daar is ’n museum waar verlore mense agter glas bly asemhaal. Die gange ruik na reënwater, roes en die vaal parfuum van iemand wat nooit weer huis toe gekom het nie. Teen die mure hang name soos spinnekopwebbe oor jare se stilte. In een vertrek staan ’n klein skoen met […]
Pandora jou indringer. (BRONS)
Pandora Jou Indringer. Uiteindelik! Ek het ontdek wat in Pandora se kis weggesteek is! Wie sou kon raai? ‘n Klein apparaat wat in die palm van jou hand pas. Selfoon is sy naam. Hierdie klein kalant het deftige, opgevoede mense tot onbeskofte bewonderaars van tegnologie vervorm. Die afwesigheid van selfoon etiket is lankal vir my […]
ONS IS NIE MEER MENSE NIE, ONS IS PROFIELE
ONS IS NIE MEER MENSE NIE, ONS IS PROFIELE Daar was ’n tyd toe jy iets mooi kon beleef sonder om dit af te neem. Jy kon langs die see staan en die son sien sak sonder om te wonder hoe dit op Instagram sal lyk. Jy kon ’n verjaarsdag vier sonder om elke oomblik […]
Lien se wedloop
Lien se wedloop Lien leef nog altyd in die skadu van haar prestasies. Op skool moet ’n mens die beste wees: die hoogste punte kry. Wanneer haar vriendinne oor hulle prestasies praat, glimlag Lien, terwyl die knop in haar maag stywer trek. Dit is makliker om saam te hardloop as om te vra waarheen almal […]
Lied van die liefde
Lied van die liefde Ritme klop in my hart, die gevoel van behoort sing nou saam. Ek onthou, ons was altwee nogals skaam. Gesprekke volg, die leer mekaar ken word ’n wysie wat twee liedere saam kan sing. Dit wat die een hart wil neem, kan die ander net nie deel. Skielik verander ’n lied […]
Net ñ bietjie liefde
Net ’n bietjie liefde Verlief en verlore, jawoord word gevra, die klokke lui. ’n Foto word gedeel, sommer op die internet, almal deel die goeie nuus van ’n baba wat kom. So verloop die lewe met sy reëls, dit is die spore wat liefde deel. Sommer net hier in my hoek, eenkant lees ek die […]
Kwart oor vyf
Kwart oor vyf Elke dag na werk stap ek af in 4de Weg. Die kliphuisie met sy dakvenster. Ek onthou haar goed, gekrulde bruin hare, en dan daai een pienk top. Sy was altyd voor die venster, potlood in die mond. Ek skat sy was besig met huiswerk of selfs dalk teken. Gordyne nou toe. […]
Liefde op die trappie
Liefde op die trappie Ons was bure, hy was Koos. Buurman kom ook van die plaas. Hier in verre lande, tussen reën en sneeu, het ons beland. Veldskoene geruil vir serp en jas. Buurman raak stil, tot die dag wat ek die nooi met die rooi sambreel op die trappe sien. […]
uit stof (silwer klas)
uit stof daar staan die gestalte in die spieël ’n traan val skugter vreemd en ver losgeskeur van die aarde se atmosfeer gedagtes vlieg omhoog (in eensaamheid van hierdie breekbare heelal) en raak so byna amper aan die hemelblou-rant ’n vinger reik uit na die krake die koue sypel deur beenmurg en vind dan onverwagte […]