Kwart oor vyf
Kwart oor vyf
Elke dag na werk stap ek af in 4de Weg.
Die kliphuisie met sy dakvenster.
Ek onthou haar goed, gekrulde bruin hare, en dan daai een pienk top.
Sy was altyd voor die venster, potlood in die mond.
Ek skat sy was besig met huiswerk of selfs dalk teken.
Gordyne nou toe.
Ek ry verby, maar geen brunet meer in die dakvenster.
Drie kinders in die tuin, ’n krulkop kyk soms deur die kombuisvenster.
Steeds ken ons vandag nog nie mekaar se naam nie, maar die hand wat groet is al redelik ouer, maar steeds dieselfde herkenbaar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.