Eintlik is dit ñ ware verhaal
Eintlik is dit ’n ware verhaal…
Hul vertel my van ’n liefde lank gelede. Die dae toe die lewe nog die lewe was.
Selfrespek en harde werk was toe nog eg. Saans, as die aarde slaap, sit hulle aan tafel en gesels.
Kerse word met paraffien vervang, soms sou hulle kaarte dek.
Saam gesweet en geëet aan swaar, gedans wanneer goedheid hul spaar.
Geklou aan mekaar tot die dood hul gewaar…
Ouma sê steeds vandag: My ou kind, feeverhale lees jy vir kinders voor, die liefde praat sy eie taal en vertel altyd die ware verhaal.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.